MannaStories MannaStories
  • Tuis
  • Lees
  • Oor Ons
  • Kontak Ons
Man uit die Oos-Kaap

Man uit die Oos-Kaap

deur Müller Crauwcamp

Eendag was daar…

…‘n man wat in die Oos-Kaap grootgeword het. Charl het Oos Londen goed geken. Gawe mense in sy dorp. Sy soort mense. As kind het hulle gereeld rondgereis. Sy pa was lief daarvoor om besienswaardige plekke uit te snuffel. Die Oos-Kaap is mooi. Hogsback. Lady Gray. En Grahamstad, die kultuurmekka van Suid-Afrika.

Read more: Man uit die Oos-Kaap
Psalm 119

Psalm 119

Müller Crauwcamp in gesprek met John Hendriks tydens 'n program op Radio Kansel: HEERLIKHEID

Psalm 119 - 'n Kosbare pêrel halssnoer!

Oor ‘n tydperk van vier maande het ons oor Psalm 119 gesels. Elke week. Donderdae net na 11:00 op Radio Kansel. HEERLIKHEID. Daar was tye wat ons saam gelag het en ander kere het die momentele openbaring by ons oë uitgeloop – met ‘n knop in ons keel wat die stilte oor die lug soms langer gemaak het as wat ons kon help. ‘n Verwondering oor Wie die WOORD is! Dis waaroor hierdie Psalm gaan.

Read more: Psalm 119
Rylopers

Rylopers

deur Müller Crauwcamp

Wim en sy vriend was in diep gesprek op die snelweg. Dit was in die tyd toe dit nog veilig was om ‘n ryloper op te laai.

Read more: Rylopers
Tentjie

Tentjie

deur Müller Crauwcamp

Jy kan sien dis 'n nuwe tentjie. Dit gaan mooi beskerming bied teen die see se son. Elke lid van die gesin het arms vol afgedra strand toe. Dit neergesmyt. Die tentjie word netjies uit sy sak gehaal. Dis 'n nuwe een, jy kan sien hy gaan nooit ooit weer so netjies daarin pas nie. Die kinders is haastig om die branders te trotseer, maar eerste dinge eerste! Een haal die pale uit, 'n ander trek die punt van die tent uit. Dit flap in die wind. Nog een soek skelm iets om te peusel uit die toe koelboks. Pa deel orders uit. Weet ook nie mooi hoe werk die ding nie. Die pale is van daai soort wat opgekonsertina word. Dit skiet tieneragtig los en piets die jongste onderkant die boud. Ma haal iets uit die oop koelboks om te troos. Twee stelle hande minder om te help klou aan die blou seil wat wys waarheen die wind waai.

Read more: Tentjie

© 2026 Müller Crauwcamp - MannaStories | Alle Regte Voorbehou | Ontwerp deur JFB Ventures (Pty) Ltd

  • Tuis
  • Lees
  • Oor Ons
  • Kontak Ons

Müller Crauwcamp

Müller Crauwcamp het nog altyd van ‘n goeie storie gehou. Na sy studies aan UP het hy ‘n onderwysloopbaan van 16 jaar by Clapham High School geniet. Daar kon hy sy vakkundigheid in Afrikaans uitleef. Tydens hierdie tydperk het hy sy teologiese studies voltooi. Hy het sy roeping vir 25 jaar voltyds voortgesit by Doxa Deo.

Intussen het hy betrokke geraak by twee radio-netwerke. FEBA (Far East Broadcasting Association) verspei die Goeie Nuus aan lande waar daar minder as 5% Christene is en Radio Kansel is een van die bekendste stasies in Suid-Afrika.

Tans neem hy verantwoordelikheid vir twee programme: HEERLIKHEID waarin goud weekliks in die Psalms ontgin word en MANNESTORIES wat ‘n uitvloeisel is van ‘n mannebediening sedert die draai van die eeu. Hierdie stories vind sy grondslag in die sub-opskrif: "Our story… His glory!"

Saam met sy vrou, Annie, pionier hulle die eerste aanlyn Bybelskool namens Radio Kansel in samewerking met die Moody Bible Institute uit Amerika.

Müller en Annie is in 1984 getroud en het sedertdien in Pretoria gevestig. Beide hulle kinders is in 2015 getroud en hulle het twee bonus-kinders bygekry. Die vier kleinkinders is hulle trots.

Soos wat die Israeliete manna opgetel het as hulle daaglikse voorsiening, so geniet hy die vars genade wat oopgebreek word: MANNASTORIES.

Annie Crauwcamp

Annie is ‘n vrou, ma en ouma en dit is die titels waarop sy die trotsste is.

As jong vrou het Annie onderwys studeer aan die Universiteit van Pretoria en het by die Loreto Convent in Queenswood skoolgehou vir 5 jaar. Daarna het sy kinders grootgemaak, getuisskool en saam met haar man, Müller, in die bediening gearbei by ‘n gemeente in Pretoria.

Kommunikasie is Annie se passie en die pen (of rekenaar 😊) en mikrofoon is die voertuig om daaraan uitdrukking te gee.

 

Annie Crauwcamp is a wife, mother, and grandmother, and she takes great pride in these titles.

As a young woman, Annie studied education at the University of Pretoria and taught for five years at the Loreto Convent in Queenswood. After that, she devoted herself to raising her children and homeschooling them, while also working alongside her husband, Müller, in ministry at a church in Pretoria.

Communication is Annie's passion, and she uses the pen (or computer 😊) and microphone as her means of self-expression.